Aan die Brand
Lyrics
Tel 'n skulp op en ek luister
Na hoe elke brander fluister voete in die water
Bietjie later gaan ons vuurmaak tot die duister
Bel jou pelle sê vir hulle
Bring jou handdoek en sonbrille met 'n koue biertjie
En 'n vuurtjie aan die brand
Dan sing ons
Maak die hele jaar vol somermaande
Warm strande kuieraande
Maak die hele jaar vol somermaande
Lekker aan die brand brand brand
Nog 'n dubbel op 'n ysie
As jy wil braai ons 'n vleisie ekke soek niks anders
As die branders en die klank van Koos Kombuis hier
En toe almal om die vuur staan
En ons kyk so na die volmaan sien ons in die donker
Hoe 'n sterretjie verskiet
Toe wens ons
Maak die hele jaar vol somermaande
Warm strande kuieraande
Maak die hele jaar vol somermaande
Lekker aan die brand brand brand
Om die vure tot die oggendure
Al die aande aan die brand
Om die vure tot die oggendure (Tot die oggendure)
Al die aande aan die brand
Maak die hele jaar vol somermaande
Warm strande kuieraande
Maak die hele jaar vol somermaande
Lekker aan die brand brand brand
Maak die hele jaar vol somermaande
Warm strande kuieraande
Maak die hele jaar vol somermaande
Lekker aan die brand brand brand
Lekker aan die brand brand brand
Lekker aan die brand
Writer(s): JOHAN OBERHOLZER
Copyright(s): Lyrics © Universal Music Publishing Group
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
The Meaning of Aan die Brand
Be the first!
Post your thoughts on the meaning of "Aan die Brand".