Ek Lewe
Lyrics
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, sonder sorge
Dag vir dag dreun ritme om my heen
Voel die ure vol en tog alleen
Maar jou blik verslaan my vrese sonsaffier lag in jou wese
Bring geluk wat lank verlore was
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
Ek lewe
Verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
Die vrae was soos skadus binne my
Deur die ligte lag en antwoord jy
En ek sien die sonverhale in jou oë nuwe tale
Lees die storie van 'n weer begin
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat môre mag bring
Ek lewe
Verstaan weer van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
Dat ek hier is vir 'n rede
Ek lewe
Gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae
Oor wat môre mag bring
Writer(s): ANNELI VAN ROOYEN, ANNELI MARGARETHA VAN ROOYEN, JOACHIM HEIDER, NORBERT HAMMERSCHMIDT, ROLAND KAISER (BRD 1)
Copyright(s): Lyrics © Hansa Musik, Royalty Network, Sony/ATV Music Publishing LLC
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
The Meaning of Ek Lewe
Be the first!
Post your thoughts on the meaning of "Ek Lewe".