Via Dolorosa
Via Dolorosa

Jan de Wet - Via Dolorosa Lyrics

Via Dolorosa Lyrics

Langs die Via Dolorosa, in ou Jerusalem
Keer soldate in die strate, mense weg
Voor 'n man wat met 'n purperkleed,
in pyn 'n houtkruis dra na Golgota

Daar is wonde oor sy skouers
en die bloed drup oor sy wang
En 'n doringkroon sny diep in sy vel
En elke keer as hy wil struikel
word hy gespot, gespuug en uitgeskel

Langs die Via Dolorosa
die weg van smart en pyn
Soos 'n Lam stap ons Koning en ons Heer
Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly

In die Via Dolorosa het Sy
bloed gevloei vir jou en my
In die Via Dolorosa het die Heer my kruis gedra
Gewillig op pad na Golgota

En daar het Hy gely, gesterf en
in my plek die skuld betaal

Langs die Via Dolorosa
die weg van smart en pyn
Soos 'n Lam stap jou Koning en my Heer
Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly

In die Via Dolorosa het Sy
bloed gevloei vir my
Elke hou wat Hy kry het ons vir Hom gegee
Maar die bloed wat uit Hom vloei
Het ons skuld weggevee

Langs die Via Dolorosa
die weg van smart en pyn
Soos 'n Lam stap jou Koning en jou Heer
Langs die Via Dolorosa stap Hy voort terwyl Hy ly

In die Via Dolorosa het Sy
bloed gevloei vir my

Hhmmm... Ooohoo...
Vir jou en my

Writer(s): Billy Sprague, Niles Borop
Copyright(s): Lyrics © Capitol CMG Publishing
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind

Attach an image to this thought

Drag image here or click to upload image

The Meaning of Via Dolorosa

Be the first!

Post your thoughts on the meaning of "Via Dolorosa".

Latest Blog Posts
Lyrics Discussions

1

554
Hot Songs

1

219
Recent Blog Posts