Belowe Niks
Lyrics
Nou's daar nie tyd vir terugdraai nie my lief
So sê jy sal nooit vergeet nie 'seblief
Want die kaartjiekantoor is gesluit
En die sirkus lankal gestruik
Maar die vlaggies wat waai in die wind
Beloof die sirkus kom weer my kind
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
No hard feelings soos hulle sê
Ek hoop jy vind wat jy wil hê
Die lewe wag en jy moes gaan
Maar dink aan my op vol maan
Elke afdraaipad het nog een
En die lewe sal ons vervreem
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
Die bure om my praat
Vertel my stories wat jy maak
En ek lag en huil want hulle ken
Jou beter as ek my mens
So ek groet jou met 'n soen
Dis al wat ek kan doen
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
No hard feelings soos hulle sê
Ek hoop jy vind wat jy wil hê
Die lewe wag en jy moes gaan
Maar dink aan my op vol maan
Elke afdraaipad het nog een
En die lewe sal ons vervreem
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
Ek verbeel my ek sien jou staan
Lanks die hekkie elke aand
En ek weet ek moet vergeet
Want my hart is lankal gebreek
Ek groet jou met 'n soen
Dis al wat ek kan doen
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
No hard feelings soos hulle sê
Ek hoop jy vind wat jy wil hê
Die lewe wag en jy moes gaan
Maar dink aan my op vol maan
Elke afdraaipad het nog een
En die lewe sal ons vervreem
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
Belowe niks maar ek gaan probeer
Hou goeie moed tot 'n volgende keer
Copyright(s): Lyrics © TUNECORE INC
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
The Meaning of Belowe Niks
Be the first!
Post your thoughts on the meaning of "Belowe Niks".