Jerusalem
Lyrics
Jerusalem Jerusalem
Amen Amen
Jerusalem
Laasnag het in my drome 'n wonderbeeld verskyn
Ek staan in ou Jerusalem ek sien die tempel daar
Ek hoor die sang van kinders net soos 'n Engelekoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor
En saam sing hul 'n loflied wat selfs die hemele hoor
Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam (Prys Sy Naam)
En daar verander toe my droom en stilte daal daar neer
Weg is die bly Hosannas geen kinderstemme meer
Die son het toe verduister die oggend koud en kil
In die skadu van ‘n kruis verrys verrys om ons ontwil
In die skadu van ‘n kruis verrys verrys om ons ontwil
Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam
En weer verander die toneel ‘n helder glans verskyn
Ek sien die Heilige stad daar die son begin weer skyn
Die poorte word wyd oop gemaak die duister het verdwyn
En almal wat daar binnegaan geeneen sal buite staan
‘n Nuwe dag het aangebreek die kinders sing weer saam
Dit is die stad Jerusalem wat nooit weer sal vergaan
Dit is die stad Jerusalem wat nooit weer sal vergaan
Jerusalem Jerusalem
Sing nou ‘n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys Sy Naam
Copyright(s): Lyrics © REAL REGGAE PUBLISHING LLC
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
The Meaning of Jerusalem
Be the first!
Post your thoughts on the meaning of "Jerusalem".