Liefde Is Vrygewig
Lyrics
Ek soek antwoorde by mense, ek soek antwoord in die Boek
Liefde sonder grense, ek eet brood in plaas van koek
Genoeg eerder as oorvloed, ek soek minder jy soek meer
Kinders sterf op strate, kom bedel by my deur
Hoe kosbaar is jou lewe, wat betaal mens vir ‘n bed?
Niks behoort aan my nie, ek moet deel met wat ek het
Want as die Hemel kyk van bo af wat sal hul sê van my?
Het ek gelewe vir my naaste of is alles vir myself?
En die prys van my twee skoene kan ‘n duisend monde voer
Niks behoort aan my nie, ek moet omgee vir my broer
Askies meneer, askies ek steur, my boks kombers het oop geskeur
Ek is koud en nat, ek’s honger, help my as jy kan ek sal waardeur
Hoe kosbaar is my lewe, wat betaal mens vir ‘n bed?
Niks behoort aan my nie, ek moet deel met wat ek het
Want as die Hemel kyk van bo af wat sal hul sê van my?
Het ek gelewe vir my naaste of is alles vir myself?
En die prys van my twee skoene kan ‘n duisend monde over
Niks behoort aan my nie, ek moet omgee vir my broer
In God se ekonomie kan niemand honger lei
Terwyl ons meer het as wat ons nodig het
En ons aardste skatte word weer stof
Niemand het meer lief as die een wat gee nie
Gee nie
As die Hemel kyk van bo af wat sal hul sê van my?
Het ek gelewe vir my naaste of is alles vir myself?
Want daar’s sestig duisend mense sonder huise, sonder kos
As ons niks daaraan doen nie, wat sal tog van hul word?
Writer(s): LENDERD BAREND JOHANNES MULLER
Copyright(s): Lyrics © Songtrust Ave
Lyrics Licensed & Provided by LyricFind
The Meaning of Liefde Is Vrygewig
Be the first!
Post your thoughts on the meaning of "Liefde Is Vrygewig".